Friday, 27 January 2017

CATRYN ART

TITLE : FRUIT AND VEGGIES
MEDIUM: ACRYLIC ON CANVAS
SIZE : A 3
ABOUT THE ARTIST

 Ek was van kleintyd af lief vir teken em verf..deur my skooljare? Ek kon toe nie my droom verwesenlik om skone kunste by Rhodes te gaan studeer nie. Het na ek getroud is my kinders versorg en groot gemaak en net nou en dan iets geteken. Ek het my wel besig gehou met handgemaakde juwele..nog voor al die Beadshops oopgemaak het..was nogal moeilik om al die benodigdhede te kry..(1987)..toe my laaste kind in 1991 in st 9 tuis kom eendag met die boodskap "die Here gaan ma se talente weg vat as ma dit nie gebruik" en ek is volgende jaar uit die huis...wat gaan ma dan doen? Toe het ek maar gaan goed aanskaf en weer begin..eers net waterverf..waarvoor ek by Carletonville se kunste fees..n meriete..3 goud en n silver vir my inskrywings gekry het asook die Wisseltrofee. (Vriendin het dit ingeskryf ) 😀..van toe af het ek met verskeie media gespeel en geoefen..boeke oor tegnieke gelees..nageslaan op internet..en vir n paar maande by Doxo Deo in Harties saam Marinda Botha hulle gaam skilder en leer. Toe verhuis hulle NZ toe. Niki ek het nog nooit n uitstalling gehou. Mense het wel al van my goed gekoop. Ek het eers my goed Lena Trichardt geteken toe Helena..toe probeer ek dit na n gallery tussen Krugersdorp en Ramdfontein vat toe se hy my handtekening moet so wees dat mense dit dadelik herken..toe besluit ek op n afkorting van my tweede naam. So dis min of meer wie ek is..Jou oulike vertalende vriend en jy kan maar uithaal verkort en doen soos jul dink. My " grammer" is nie so goed...en baie dankie. 😊

No comments:

Post a Comment